Annika & Johan

0 dae
0 ure
0 minute
0 sekondes

tot ons "JA" sê!

Belangrikste Inligting

20 Desember 2025
20 Desember 2025
14H45
14H45
Semi-Formeel
Semi-Formeel

Vinnige Skakels

Ons Storie

  • /timeline/die_begin.jpg

    21 April 2022

    Ons ontmoet mekaar by Kruiskerk. Ons eerste date was 'n roomys by Crème de Levain. Ons eerste foto saam is by Helshoogte se Hoenderbal.

  • /timeline/mini_date.jpg

    27 April 2022

    Ons gaan op verskeie lekker dates, soos scones by Hillcrest Berries, so tussendeur Johan se meesters en Annika se PGDA.

  • /timeline/stap_langs_see.jpg

    27 April 2022

    Ons voel verseker die chemie tussen ons twee!

  • /timeline/koffie_op_die_berg.jpg

    1 Mei 2022

    Johan begin planne maak oor hoe hy vir Annika kan uitvra! Hier drink ons lekker koffie op Coetzenburg terwyl die son sak.

  • /timeline/vra_uit.jpg

    2 Mei 2022

    Ons klim op 2 Mei Coetzenburg uit. Johan vra vir Annika om sy meisie te wees! Eerste groot 'ja!'

  • /timeline/roomys_dates.jpg

    12 Mei 2022

    Ons besoek weer Crème de Levain.

  • /timeline/koffie_na_kerk.jpg

    15 Mei 2022

    Elke Sondag ná kerk gaan ons na Oude Werf. Ons drink 'n cappuccino terwyl ons oor die aand se preek gesels.

  • /timeline/hardwerkende_studente.jpg

    31 Mei 2022

    Ons moet nog steeds swot! Ons het 'n meestersgraad en PGDA om te voltooi!

  • /timeline/waterfront.jpg

    4 Junie 2022

    Ons maak steeds tyd om op verskeie dates te gaan, so tussendeur al die swottings. Hier is ons by die V&A Waterfront. Ons ontdek dat Spur ons gunsteling plek is om te eet.

  • /timeline/vier_resultate.jpg

    22 Julie 2022

    Hier vier ons Annika se PGDA-uitslae. Trotse kêrel in daardie foto!

  • /timeline/ingenieursbal.jpg

    23 Julie 2022

    Ons gaan na elke dans moontlik. Annika beoordeel elke dans op grond van hoe lekker die nagereg is. Hier is ons by die Ingenieursbal. Dit was 'n lekker dans... die nagereg ook!

  • /timeline/derby.jpg

    12 Augustus 2022

    Ons woon Helshoogte se aktiwiteite ook by. Hier is ons op pad om na die Helshoogte-Eendrag Derby te gaan kyk.

  • /timeline/oulike_berge.jpg

    11 September 2022

    Kyk net hoe mooi! Die berge ook!

  • /timeline/pdga_dans.jpg

    16 September 2022

    Hier woon ons die PGDA-dans by. Ons kry aan die einde van die jaar ons hardverdiende grade. Maar...

  • /timeline/kanker.jpg

    27 Desember 2022

    Die groot skok is die feit dat Johan met kanker gediagnoseer word. Bo-op alles trek Johan Sandton toe vir werk.

  • /timeline/reunited.jpg

    27 Januarie 2023

    Ons maak 'n plan! Annika kom kuier vir Johan na sy chemo! Ons gaan die langafstand ding doen en oorwin!

  • /timeline/sandton_kuier.jpg

    27 April 2023

    Annika kom kuier vir die eerste keer in Sandton. Ons maak gereeld planne om vir mekaar te sien.

  • /timeline/hartseer_lughawe.jpg

    September 2023

    Natuurlik is elke totsiens nie maklik nie. Die lughawe is beide 'n plek van vreugde en hartseer!

  • /timeline/bokke_wen.jpg

    Oktober 2023

    Tydens een van ons kuiers sien ons hoe die Springbokke die Wêreldbeker wen! Wanneer ons weer die Wêreldbeker kyk, is ons twee geringde duiwe.

  • /timeline/tweede_kamp.jpg

    27 April 2024

    Johan raak ook kampfiks!

  • /timeline/gautrein.jpg

    11 Julie 2024

    Ons raak kenners van die Gautrein, roetes lughawe toe, hoe die lughawe se uitleg werk en weet presies hoe lank voor die tyd 'n mens daar moet wees. Ons ken die standaardprys van vliegtuigkaartjies, watse tye daar vlugte beskikbaar is en hoe om dit te bespreek!

  • /timeline/kaart_games.jpg

    12 Julie 2024

    Een van ons gunsteling dinge om saam te doen, is om kaartspeletjies te speel. Vra vir ons hoe groot ons versameling is!

  • /timeline/segway.jpg

    13 Julie 2024

    Ons bou baie goue herinneringe met elke kuier. Ons is nie net geliefdes nie, maar ook mekaar se beste vriend.

  • /timeline/bybelstudie.jpg

    9 Augustus 2024

    Ons het mekaar by die kerk ontmoet. Geloof is baie belangrik vir ons. Ons doen altyd Bybelstudie saam!

  • /timeline/bergklim_reunie.jpg

    5 Oktober 2024

    Ons besoek dieselfde berg waar ons begin date het!

  • /timeline/mooiste_date.jpg

    5 Oktober 2024

    Die mooiste date! Teen hierdie tyd het Johan al groot planne in die agtergrond...

  • /timeline/vra_om_te_trou.jpg

    20 Desember 2024

    Op 20 Desember 2024 vra Johan vir Annika om met hom te trou! Sy sê ja!

flower